Die vakansie was heerlik ek sal defnitief Bronze Bay 22 aanbeveel.
Met ons aankoms het ek 'n WhatsApp gekry met die besonderhede oor waar om die sleutel op te tel. Die woonstel was pragtig skoon en die uitsig is 'n miljoen rand werd. Op dag 3 het die lugversorging begin probleme gee. Ek het vir Hermann gekontak en in 'n kwessie van 'n uur het hy terug geantwoord en vir ons dadelik ander blyplek gereƫl 'n entjie af in die straat. Met die uit en inpak het ons perongeluk ons self uit die nuwe woonstel uitgesluit. Hermann was weer dadelik beskikbaar met die oopsluit. In my opinie moet Hermann 'n verhoging kry vir sy professionele hulpvaardigheid. Bronze Bay en Lekkeslaap sal ek beslis aanbeveel vir enige toeris. Baie dankie

- Amelia Richards

South Africa

Pragtige netjiese woonstel reg op die kus. Stap afstand van die nodige winkels, restaurante en strand.
Baie netjies en gerieflike woonstel reg langs die strand. Als wat jy nodig het is stapafstand van die woonstel. Die span van Bronze Bay is baie vriendelik en sorteer enige probleem vinnig uit. Parkering is wel 'n probleem vir 'n groot motor, ons Triton bakkie kon nie in die motohuis pas nie. Buite parkering is beperk, maar ons het gelukkig 'n plekkie gekry. Verder het ons baie lekker vakansie gehou by Bronze Bay.

- Anonymous

South Africa

Lovely apartment. Great location.

Great location with stunning view. There are a few stairs so be mindful of that. Overall a wonderful stay.

- Janet

South Africa

Te kort! Baie mooi ligging. Baie gesellig en gerieflik. Vriendelike diens.
Elke moontlike gerief verskaf. Baie skoon en goeie gehaltebeddegoed en meubels. Leefbaar en uitsig voed jou siel. Kan lekker ontspan en voel veilig.

- Vanessa Van Der Westhuizen

South Africa